Die Vryheidsryers was in die boere oorlog manne wat met belangrike boodskappe gery het van een kommando na ander. Ons is ryers vir ons HEMELSE VADER en ons volk, in hierdie tyd waarin ons, ons bevind vandag. Ons is 'n groep wat staan vir ons 3 Enige God - DIE VADER, DIE SEUN JESUS CHRISTUS en DIE HEILIGE GEES.
Hoe lank is jy nog bereid om toe te kyk dat ons Volk verkrag, vermink, besteel en vermoor word? Die Vryheidsryers se hoofdoel is om ons Volk te bemagtig deur wettige opleiding (Krav-Maga) ten einde ons gesinne weer aan te spoor, te motiveer en op te lei tot Kundige, Kragtige en Vreeslose selfbeskermings eenhede wat soos ons voorouers Godsvresend en dapper weerstand te bied teen enige aanslae en aanvalle wat op ons gemik is. Kom raak nou betrokke by 'n wenspan en sluit nou aan om 'n verskil te maak in misdaad teen jou en jou gesin met 'n ystervuis. Ons is 'n gesins Kommando en wil die hele gesin betrokke maak.