Visie & Missie-Vryheidsryers Kommando
Om ons Volk op te roep tot terugkeer na God en hul te bemagtig tot weerbaarheid en paraatheid.
⦁ Om ons Volk op te roep, ook by wyse van ons as Vryheidsryers Kommando se voorbeeld, tot terugkeer na God en Sy Woord en na die onderhouding van ons Volksgeloftes aan Hom.
⦁ Om weer te leef volgens Christelike waardes, God se voorskrifte en getroue onderhouding van ons geestelike herdenkingsdae, tot Sy eer.
⦁ Om ons Volk se taal, kultuur, geskiedenis, tradisies en karakter onwankelbaar te handhaaf, te onderhou en te bevorder by elke moontlike geleentheid en op elke denkbare forum.
⦁ Om ons Volk vasberade te dien en te bemagtig, deur leiding en opleiding, om die aanslae op ons volksgenote die hoof te kan bied en te kan afweer op fisiese, sowel as geestlike vlak.
⦁ Om ons Volk aan te spoor tot kragdadige weerbaarheid en paraatheid, ten einde daardeur ons Volk se regte, ons grond, eiendom, volkseie nalatenskap, en ook ons volkgenote se lewens effektief te verdedig en te beskerm.
⦁ Om opnuut ware, egte volgehoue volkstrots by ons Volk se Jeug te vestig en uit te bou.
⦁ Om ons Volk se toekomsvisie om as n internasionaal-erkende Volk,weer n eie grondgebied te besit, waar die Volk in totale onafhanklikheid die reg tot soewereine selfbeskikking sal he,tot uitvoering te bring,in samewerking met alle ander volkorganisasies,wat hierdie volksvisie deel.
Copyright © 2021. www.vryheidsryers.co.za .